Ek sien 'n ster
Dit is so ver, nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie
Dit is so hoog, die Hemel sit bo, ek sal dit nooit tot daar kan maak nie
Ek moet probeer, nog net een keer, dan sal eers vir seker weet
Of ek tot hoog daarbo kan kom, en dan verby tot by die son
Waar ek elke dag, tot laat in die nag, vir liefde wag
Ek kyk na die ster en niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op plekke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel, maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
'n Arend se vlug, hoog in die lug
Niemand kom by waar hy gaan sit nie
Hy is nie bang, want niks kan hom vang
Niks kan tog beter as dit wees nie
Nou dat ek weet, sal ek nooit vergeet
Dat ek moet lewe en laat lewe
Dat liefde nooit weer sal vergaan
Dat dit vir ewig sal bestaan
Dat daar van my 'n deel sal kan bly, my hele lewe